Salamander

Salamanders
Tydperk: Laat JuraHoloseen[1] 160–0 m. jaar gelede
Ambystoma maculatum
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Orde:
Caudata

Suborde
Verspreiding van salamanders

Salamanders (orde Caudata, ook Urodela genoem) is amfibieë wat uiterlik baie soos akkedisse lyk. Net soos alle ander amfibieë lê die meeste spesies eiers waaruit waterlewende larwes ontwikkel. Tydens die gedaantewisseling verdwyn by baie spesies alle larvale kenmerke, buiten die stert.

Triturus alpestris

Daar is egter ook salamanders wat geen of net 'n gedeeltelike gedaantewisseling ondergaan, terwyl enkele spesies eierlewendbarend is en die kleintjies al by geboorte ten volle ontwikkel is. Salamanders kom nie in Suider-Afrika voor nie. Salamanders (orde Caudata, ook Urodela genoem) is lang, slank amfibieë waarvan ook die volwasse diere lang sterte het en dus baie soos akkedisse lyk. Hul gemiddelde lengte is 25 cm, maar aansienlik langer en korter spesies kom ook voor.

Die meeste spesies is onopvallend gekleurd, maar sommige vertoon ook helder kleure, veral in die paartyd. Die huid is dun en glad en van talle slymkliere voorsien sodat gaswisseling deur die huid en deur die slymvlies in die mondholte plaasvind (huidasemhaling). By enkele spesies kom gifkliere in die huid voor.

Die kop van 'n salamander kan duidelik van die res van die liggaam onderskei word. Sommige spesies het 'n paddastoelvormige tong wat blitsvinnig vorentoe gestoot kan word om 'n prooi te gryp, terwyl by ander die tong voor aan die onderkaak vasgeheg is en met behulp van spiere uitgerol kan word.

Die punt van die tong krul om die prooi, wat dan in die bek ingetrek word. Salamanders vreet hoofsaaklik klein weekdiere en wurms, asook insekte. Die meeste salamanders hou in die Noordelike Halfrond in koel, bergagtige streke met 'n vogtige klimaat.

'n Groot aantal spesies leef in of vlak by water, aangesien dit noodsaaklik is vir hul voortplanting. Sommige is grot- of gatbewoners en daarom dikwels blind en kleurloos. Die enkele spesies wat in bome woon, het 'n egte grypstert ontwikkel, asook skyfies aan die pote en tone waarmee hulle aan hout kan vasklou. Die stert speel egter ook by die ander salamanderspesies 'n belangrike rol by voortbeweging.

  1. (en) Anderson, J. S. (2012). "Fossils, molecules, divergence times, and the origin of Salamandroidea". Proceedings of the National Academy of Sciences. 109 (15): 5557–5558. doi:10.1073/pnas.1202491109. PMC 3326514. PMID 22460794.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search